Straat verwarring
('n Ware gebeurtenis) Dis al diep Desember, Donderdagaand al laat en die foon lui. Die baas, "Jong jy moet help, hulle soek 'n ou om môre 9 uur 'n lesing oor geostatistiek te gaan gee." My moed sak in my skoene en ek vra toe, "Waar?" " Free State Geduld goudmyn Odendaalsrus" "Aaag neee!" dis net 756 kilometer heen en weer en ek moet nog voorberei ook. Slapelose nag volg om vyf uur in die pad te val, Vanderbijlpark - Kroonstad - Welkom .... Lesing gegee en strompel half vyf daardie middag by my huis in. Die foon lui weer ... "Jong ons loop uit manne uit, alle hel is al weer los, dis Desember, jy MOET kom help," gil die sersant uit die Brooklyn aanklagkantoor. Vuisvoos trek ek my uniform aan, laai twee ekstra magasyne met 9 millimeter rondtes om voorsiening vir 'n lang nag se gevegte te maak. Gaan laai my maat op, ou Gerhardt, meganiese ingenieur. Met hom langs jou loop jy 'n berg storm, hy het 'n 2e Dan in kar...