Die Ore is dom!
Op
patrollie weet jy wanneer om drasties op te tree en wanneer om net stil te bly.
Paar dinge baklei jy nooi mee nie, bo aan die lys is Klippies n Coke en veral
Black Label wat altyd die laaste woord sal in kry.
So moet ons by die vreeslike jaarlikse Pretoria Skou
die orde gaan probeer handhaaf. Ons groepie onder leiding van Sersant
Hendersohn, (in die regte lewe Dokter Chris) bevat drie ingenieurs, ‘n
advokaat, geoloog en dan dom doktor Sakkie. Die ou het net twee doktorsgrade in
teoretiese fisika …
Sakkie en ek loop by die kroeg verby. Daar sit ‘n
blonde dame met ‘n nog Black Label in haar hand. Luidkeels verklaar sy aan die
hele kroeg, “Kyk net daai karakters. Amper al veertig en nog net konstabels!
Dit verklaar die toestand waarin ons land is!”
Sy neem ‘n lang diep sluk en kyk na haar tiener seun,
“Kosie kyk nou mooi na hulle … dis wat met jou gaan gebeur as jy nie jou
huiswerk doen nie!”

Comments
Post a Comment