Die grootste offer
(Fiksie)
Opgedra aan my mede konstabels van
die Brooklyn Stasie, die Honde Eenheid en ook die Tekkie Squad. Julle was my
professore in die Universiteit van die Lewe.
“Nie ʼn enkele leidraad nie, ‘Sant. Trust
my, ons het die studeerkamer gestrip, gesearch en wragtag waar elke nook en
cranny gecover. Dit was ʼn slimme bliksem wat hier ge-operate het ‘Sant ...”
“Ai tog oom Koos,” dink
sersant Piet van Wyk terwyl hy na die klein outjie met die blonde hare kyk,
“het altyd mos die kat aan sy stert beet en dis hoekom hy op 54 die oudste
konstabel in die Mag is ...”
“Oom Koos hoor nou mooi
hierso, oom kan nie net instorm nie en goed rond gooi nie, ons moet vir
Forensies wag!”
Dis dan gewoonlik net
hier waar Koos sy ware kleure wys, hy kyk op na Piet. “Luister Pietman, jy mag
ʼn sersant wees, ses voet ses lank wees, maar ek en jy weet jy is nog nat agter
die ore. Laat ek nou vir jou vertel ...”
Koos babbel voort en Piet
maak maar asof hy hoor. Als is opgeneuk en hy sal weer by die majoor moet gaan
verduidelik, ai tog ...
Net toe gebeur dit toe
hulle dit die minste verwag, uit die kombuis, “Ghwaaaa!”
“Koos, wat is dit nou?”
“Piet, staan stil laat ek
gaan kyk,” Koos stap tree vir tree na die kombuis deur, sy 9 mil oorgehaal, hy
verdwyn om die deur.
Die dik arm kom van
nêrens, die koue lem is teen Piet se nek en die bloed begin drup op sy hemp ...
“Staan doodstil jou blou
bliksem!” fluister die stem in sy regter
oor.
“Nee wat, hier is niks,
Sant!” bulder Koos uit die kombuis en stap terug.
“Wat gaan hier aan?”
skreeu hy.
“Een tree nader en ek sny
sy keel af nes ek met Nellie gedoen het!”
Koos vlieg letterlik deur
die lug hy, hy duik vir Piet en die aanvaller plat op die grond. Hulle rol en
rol, die dik getatoeerde arm hou die mes bo Koos.
Koos spartel, Piet steier
op sy voete maar te laat, die mes sink diep weg in Koos se hart, weer en weer.
Piet gryp na die
Parabellum, hy skiet die magasyn leeg. Bloed en nogmaals bloed ...
“Ons lê ter ruste vandag vir konstabel Koos Louw ...”
die kapelaan snik, “Koos was my beste en enigste ware vriend, ek is soms so
alleen en dan was hy altyd daar ... ”
Sersant Piet van Wyk
staan effens eenkant, hy kyk na die verwese mamma en haar twee blonde
dogtertjies by die graf, hy huil en huil ...

Comments
Post a Comment