Die Koeël is deur die Kerk
(Fiksie)
Geïnspireer deur Deon
Meyer stories, eie ervaringe in die SAPD en veral die “Tekkie Squad” waar ons
eers skiet en dan dalk praat. Dr de Swardt, my veearts, “ons is genadiger met
ons pasiënte as dokters ...”
Opgedra
aan Vader Ed Dexter vroeër van St Paulus, Pretoria, Aartsbiskop George Daniel,
uit Europa en wat ons taal praat en Elizabeth Schiller van Berlyn, moeder
owerste van die Bronkhortspuit Vigs Kinderhuis. Hulle het my geleer wat
beteken, “om my naaste lief te hê.”
Die
moordenaar sluip van boom tot boom. Al die Rottwielers is uit die pad, die
sekuriteit gesaboteer. Breek die ruit en klim vinnig in en saggies af in die
gang. Dit is 3 uur en almal slaap. Ook die teiken, die .22 en knaldemper
gereed, mik tussen die oë ...
Alles verby, die moordenaar haal ʼn dowwe
liggie uit om seker te maak die projek is suksesvol voltooi, sien weereens die
klein gaatjie met die kordiet om dit, die lewelose blou oë en toe, “NEEE!!!”
Dit
is op elke lamppaal van die Star tot die Son, van die Beeld tot die Burger,
“Reeksmoordenaar se 35e slagoffer, kind (3)!!”
Almal is daar in Caledon Plein van Moord
en Roof, Forensies, Tekkie Squad tot die uniform ouens. Kommissaris October
maak keel skoon, “Sit maar mense ... ons het groot moeiikheid, dis ʼn media
sirkus en generaal Phiyega moet vandag voor die parlement verskyn. Ons moet nou
iets doen!”
Nege en veertig koppe draai in een
rigting, “Koos, asseblief, jy het alles gesien ...”
Majoor Koos van Wyk, amper sestig, stap
stadig vorentoe en kyk na die vloer. “Kommissaris, ouens, dis uit die hart, kan
ek maar Afrikaans praat? Nou weet ek regtig nie, daar is bykans geen patroon,
niks. Al 35 slagoffers in rykmansbuurte, amper almal middeljarig maar nou die
kind, altyd dieselfde .22, hoekom?”
Koos sluk swaar en kyk na sy makkers,
“Kommissaris, my tyd is verby, jy sal môre my bedanking op jou lessenaar kry.”
Hy sit sy pet op, kyk na die saal, vir
daardie een keer in baie jare wanneer groot manne openlik saam huil. Koos stap
uit, vir laas ...
Patrick
lees die nuus, hy word baie bang, dink aan sy 35 jaar in hierdie mooi land
sedert hy Dublin gegroet het, hy dink aan die sagte wonder taal waarin hy nou
sy gedigte skryf.
Soos altyd sluit hy die stoorkamer deur
oop en wag.
Dit is pikdonker, die moordenaar staan vir
laas voor die klipkerkie en lees die woorde in die graniet gekerf, “Holy
Trinity Church St Alban. Resident priest, Father Patrick O’Neal.”
Die moordenaar glip by die stoorkamertjie
in, sluit van binne en gaan soos altyd na die biegkamer waar Patrick reeds wag.
In die kerslig wys sy wit hare en boordjie, die donker rooi toga ... soos
altyd.
Die moordenaar huil en huil ... Patrick se
arms omvou in liefde. “Vader, sy was net ʼn kind, hoe nou? Vader ek gaan myself
skiet ...”
“Kom saam,” Patrick hou haar styf vas en
tot by die groot houtkruis. Hulle kniel op die gebede kussings, “Dierbare
Vader, Seun en Heilige Gees. Dierbare allerheiligste Moeder ... vandag het by
julle in die hemel Christine aangekom, ek weet sommer sy het ʼn wit rokkie aan
en spierwit vlerkies. Die ander 34 lag saam met haar, hulle jubel U groot naam
in dankbaarheid, dankbaarheid vir wat Lydia vir hulle gegee het!”
Hy bly lank stil, “Lydia, John het die
nuwe knaldemper en nog 200 rondtes gebring soos hy belowe het. Gaan doen nou
jou werk, ek het al weer tien op die bestelboek, geen kinders die keer.”
Hy kyk lank in haar oë, “Lydia, net jy
doen dit, net jy bring bevryding vir soveel, net jy gee die ... genadedood ...”

Comments
Post a Comment